Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe lewe vir ou huisies

Nuwe lewe vir ou huisies
 
2006-03-09


'n NUWE lewe wag op die twee veelbesproke Victoriaanse skakelhuisies in Hoofstraat op Wellington.

Hulle bly in die ou baadjie waarvoor kultuurbewaarders al jare veg, maar met nuwe aankopies in die kas wat pas by die huidige eienaars se behoeftes.

Die “SAD-huisies” gaan sensitief geďnkorporeer word in die uitbreidingsplanne wat eienaars Liaquet en Firial Ahmed vir hul aangrensende onderneming, Wellington Paint and Hardware, het.

Die skakelhuisies is deur argitekstegnoloog Hendrik-Jan Smit van Wellington ingesluit in die vergroting van die hardewarewinkel met sy industriële styl, tot ’n kontemporęre dubbelverdieping neo-Victoriaanse gebou met 'n kloktoring asook groter kantoorruimte, lesinglokaal en dubbelvlak-uitstalruimte.

Die indiening van dié planne was die eerste nog wat ’n spontane handeklap by aanvaarding gekry het van lede van die Wellington Erfeniskomitee, het uittredende voorsitter Johann von Wielligh gesę.

Nuwe stoepdakke, soortgelyk aan die oues, sal opgesit word en die houtfiligraanwerk bokant die stoepe sal vervang word.

Toestemming is gegee om die agterkant van die skakelhuise te sloop en die strukture aan te sluit by die beoogde vergrote dubbelvlak-uitstalruimte vir Wellington Paint and Hardware.

“Dit maak ’n bydrae tot die groter straatkarakter. Die nuwe gebou gaan nie probeer om ’n ou een te wees nie, maar eerder om elemente van die dorp se styl te inkorporeer,” verduidelik Chantelle de Kock, die munisipale bewaringsbeampte.

Die hoofingang van die vergrote besigheid sal tussen die twee stelle skakelhuise ingerig word. ’n Bykomende ingang sal ook toegang vanuit die beoogde parkeergebied agter die perseel verleen.

"Een van die huisies sal as kantoorruimte verhuur word aan ondernemings soos argitekte, bouers of binnehuisversierders,” vertel Liaquet Ahmed.

Bouwerk kan eersdaags begin, wat sal meebring dat die hardewarewinkel sal skuif na 'n ander perseel in Hoofstraat.

Maklik was dit nie om 'n balans te kry tussen die estetiese behoeftes en die ekonomiese werklikheid van ontwikkeling en restourasie nie.

Die Victoriaanse skakelhuise, wat op erwe 372 en 373 in Hoofstraat staan, was jare lank in besit van die SAD (nou Pioneer Foods) wat dit wou sloop om die ruimte saam met hul aangrensende perseel te ontwikkel.

In 2001 het die Wellingtonse Erfeniskomitee, die stadsraad en die voormalige Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede die SAD se aansoek vir ’n slopingspermit afgekeur.

Met die SAD se heraansoek vir sloping tot die Suid-Afrikaanse Erfenis Hulpbron Agentskap het vakkundige Kirstin van Tonder gesę die agentskap beskou die huise as bewarenswaardig aangesien hulle van historiese en argitektoniese belang is, bydra tot die historiese straatbeeld en binne die voorgestelde bewaringsgebied van die ou middedorp val.

Die Ahmeds, wat sedert 2003 die eienaars is, wou aanvanklik ook die vervalle huisies sloop en vervang met ’n gebou wat “aanpas by die straatkarakter”.

Hul gevoel was dat die huise struktureel swak is, nie meer waterdig is nie en ’n gesondheidsrisiko inhou.

Dié planne is ook deur die kultuurbewaarders van die tafel gevee.
Erfeniskonsultante Cape Heritage Consultancy het daarna namens die Ahmeds ’n geskiedkundige oorsig van die geboue en die omgewing gedoen.

Dié het by monde van Melanie Attwell uitgewys dat die geboue, hoewel interessant, nie van besonderse historiese waarde is nie aangesien hulle oor die jare heelwat verander is.

Aan die ander kant het die Drakenstein Heritage Foundation na ’n besoek aan die huise in April verlede jaar aanbeveel dat die geboue met “tender loving care” herstel kan word, en struktureel nog sterk is.

Die talle heen-en-weer gesprekke en ondersoeke het verlede jaar op ’n dooie punt uitgeloop - sodat die direksie van die groter Paint and Hardware groep aanbeveel het dat die Ahmeds hul gevestigde onderneming uit Wellington skuif.

Smit het egter voortgeskaaf aan ’n voorstel vir die ontwikkeling deur erfeniskonsultant Chris Snelling, en het die nuwe planne verlede jaar aan die Ahmeds voorgelę.

Dit kos nou R3 miljoen meer uit die Ahmeds se sak om hul winkel te vergroot as wat dit sou kos as die huisies gesloop is.

“Maar, al was dit sommige dae moeilik, is ons bly oor die verloop van sake,” sę die Ahmeds, “want in Wellington wil ons woon en werk.”

* Two old Victorian houses in Main Street will be renovated with their original facades and incorporated into the adjoining Wellington Paint and Hardware store.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za