Toutrekkers meet kragte
2006-03-09
DIE Paarl Toutrekklub bied Saterdag die WP/Boland Kampioenskap vir Juniors (skole) aan.
Heelwat plaaslike hoër- en laerskoolspanne asook spanne van oor die hele Skiereiland en Boland sal in aksie wees.
Minstens 70 spanne sal betrokke wees en die eerste wedstryde sal om 09:00 op die Allandale sportvelde begin, met die amptelike opening om 08:45.
Die medalje-oorhandiging sal tussen 14:00 en 15:00 plaasvind na gelang van wanneer die kompetisie klaarmaak.
More
News
|