Paarl-Oos klop Tiere net-net
2006-03-09
’n MENS kon Saterdag hoor hoe die toeskouers asem ophou toe die laaste bal in die wedstryd tussen Paarl-Oos en Young Peoples geboul word.
Paarl-Oos was op daardie stadium op 230/5 in antwoord op Peoples se 230/6.
’n Grenshou van Wilton van Neel (7) het die wedstryd vir die tuisspan beklink.
Paarl-Oos se groot kanon was Waylain September wie se onoorwonne 98 lopie 11 grenshoue ingesluit het.
September, wat ook 2/55 in 15 boulbeurte geneem het, is goed bygestaan deur Jackie Daniels (50 4x6).
Daniels en September se 100 lopie vennootskap om die vyfde paaltjie het lyf aan Paarl-Oos se beurt gegee.
Peoples se uitblinkers was Quinton Kannemeyer (57 4x6, 6x1 en 3/36), Rupert Bailey (40 4x1), Evert Jacobs (45 4x3) en Hubert Ontong (2/38).
Paarl-Oos II (142/3) het ook die kitaar geslaan op Daljosafat Stadion waar toe hulle Peoples II (138/10) met sewe paaltjies geklop het. Paarl-Oos se uitblinkers was Nico Jonck (5/35 in 14bb), Neels Engelbrecht (2/23 in 9bb), Koos Liebenberg (3/32 in 9bb), Jenovan Adams (53nun 4x8) en Bruce Muller (29 4x6).
Peoples se beste spelers is A Carolissen (21 4x2), J Jacobs (24 4x3), H Paulse (1/27) en A Anderson (1/23).
Paarl-Oos I (weg) en II (tuis) speel Saterdag teen Hermanus. Paarl-Oos I speel Sondag teen Coronation en die derde span speel weg teen Oostelikes.
More
News
|