Geen genade vir rekords
2006-03-09
ELF rekords is verbeter tydens die Boland Jeug- en Junior Atletiekkampioenskappe wat die afgelope naweek op Daljosafat Stadion gehou is.
Dit is agt rekords meer as wat verlede jaar tydens dieselfde byeenkoms in die slag gebly het.
Meer as 800 van Boland se beste junior atlete het deelgeneem aan die byeenkoms wat gesamentlik deur Boland Atletiek en Boland Hoërskole aangebied is.
In die proses het meer as 10 000 toeskouers die aksie met groot belangstelling dopgehou.
Meer as 400 van die prestasies het 800 punte of meer op die Atletiek Prestasie Evalueringstabelle (APE Tabelle) gelees.
Nuwe Boland-rekords is opgestel deur Henrico Rooi (5000m s.19 15:07,10 Klein Nederburg Sekondêr), Louw Smit (110mh s.19 14,10s, RJ Kellerman (gs s.17 16,20m), Jean-Marie Senekal (200mh m.14 30,47s), almal van Paarl Gim, Wilhelm van der Vyver (100m s.17 10,59s) van Stellenbosch, Cornel Fredericks (400mh s.17 50,28s) van Overberg, Lorenzo Blaauw (10 000mS s.19 49:14,07) van Saldanha, Susan Groenewald (5000mS m.17 27:10,49) van Vredendal, Brin-Peter Kemp (gs s.15 17,95m) van Worcester, Heinrich Gonzales (hg s.19 60,28m) van Robertson, Shaun Owen (hs s.14 1,80m) van Paarl Vallei.
’n Verdere ses byeenkomsrekords is ook verbeter.
Atlete wat dié rekordboeke herskryf het, is Dean Swart (200m s.15 22,09s), Wilhelm van der Vyver (200m s.17 21,57s), Henrico Rooi (3000h s.19 9:15,20), Inge Kotze (5000mS m.15 29:57,93), Christiaan Norman (ps s.15 4,10m), Ferney Kitshoff (sg s.19 67,34m Paarl Gim).
’n Boland Hoërskole-span is ná afloop van die byeenkoms gekies wat Saterdag aan die Wes-Kaapse Hoërskole Atletiek Kampioenskap op Daljosafat Stadion sal deelneem.
Die Boland-span sal teen sy eweknie van die WP en SWD te staan kom.
Die atlete sal tydens dié byeenkoms ’n laaste geleentheid kry om vir die SA Kampioenskap te kwalifiseer.
More
News
|