Wellington op dreef
2006-03-09
DIE eerste span van Wellington Krieketklub is goed op dreef om vir die Boland klubkampioen-titel in aanmerking te kom.
Dié span van McCarthy Toyota Paarl Wellington Krieketklub het sy laaste drie tuiswedstryde in die Top 8-kompetisie gewen.
Daar is egter nog drie wedstryde wat wag, twee tuiswedstryde teen Maties (Saterdag) en Paarl-Oos (18 Maart) asook ’n kragmeting teen Young Peoples op Daljosafat Stadion.
Wellington het reeds na die halfeindstryd van die 45 boulbeurt-kompetisie deurgedring en sal op 25 Maart op sy tuisveld teen Hermanus speel.
Wellington het Saterdag vir Stellenbosch en Distrikte met agt paaltjies kaf gedraf.
Die besoekers kry 219 nadat Fabian Titus (66 4x3, 6x3), B Layman (43 4x5), T Williams (37 (4x2, 6x3) en S Cornelissen (22 4x2) lopies kry.
Wellington se beste boulers was Sarel Wolmarans (4/54) en Rayn Groeneveld (3/23).
Twee onoorwonne beurte deur Christo Ritter (71nun 4x5, 6x3) en Jaco Carstens (40nun 4x4), asook mooi totale deur Warren Groeneveld (44 4x6) en Danie Malan (61 4x6, 6x1) sorg dat Wellington die teiken met gemak behaal.
In Wellington se vorige twee wedstryde teen Van der Stel en Hermanus het hy onderskeidelik met een en vyf paaltjies gewen. Danie Malan se 117 (4x12, 6x1) was die hoogtepunt in Wellington (236/9) se sege oor Van der Stel (235/9), terwyl Marnus Hugo (90nun 4x12, 6x3) die uitblinker was in Wellington (179/5) se sege oor Hermanus (178).
More
News
|