Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk bobaas in eie agterplaas

Van Dyk bobaas in eie agterplaas
 
2006-03-09


DIE Paarlse rolstoelatleet, Ernst van Dyk, het die naweek heeltemal oorheers in die eerste Paarl Rock Handfietsry Uitdaag-wedren wat op sy tuisdorp gehou is.

Dit is die eerste amptelike handfietswedren in die land, met heelwat gerekende oorsese handfietsjaers wat deelgeneem het.

Van Dyk het Saterdag se padwedren oor 42km in ’n tyd van 1:13:30 gewen.

Hy en Krige Schabort, ’n Suid-Afrikaner wat vir die afgelope tien jaar in Amerika woon, het vir die eerste paar rondes saam gery en ’n groot voorsprong bo die ander jaers opgebou.

Die Paarliet het egter in die derde ronde onder Schabort uitgery en met gemak sy voorsprong behou tot by die wenstreep.

Schabort het in ’n tyd van 1:21:45 klaargemaak, met die Nederlander John Vink (1:13:30) derde.

Van Dyk en Schabort het die volgende dag tydens die tydtoets oor 18km ook onderskeidelik eerste en tweede geëindig, met die Switser, Lukas Weber in die derde plek.

Ondanks verskeie rolspelers wat nie hul kant gebring het nie, was die byeenkoms ’n sukses meen Van Dyk.

“Daar was goeie deelname, die verkeers- en roetebeamptes het hul werk uitstekend gedoen.

“Die feit dat die munisipaliteit nie betyds iets aan die gate in die paaie kon doen vir dié wêreldgehalte-wedren nie, asook die gebrekkige reëlings vir tydhouers, was egter teleurstellend,” het Van Dyk gesê oor die toestand van die roete wat om Boland Park en Klein Drakenstein uitgelê is.

Hy het bygevoeg dat die oorsese jaers tevrede was met die roete, maar dat die hitte hulle heelwat gepla het.

“Dit sou beter gewees het as ons vroeër kon wegspring.”

Van Dyk en van die ander handfietsryers sal Sondag aan die Argus Fietstoer deelneem.

“Ek vlieg Maandag na Los Angeles vir die LA Marathon, so ek gaan my nie dood jaag in die Argus nie. Ek ry dit vir die pret,” het Ernst gesê.

Die Paarl Rock Handfiets-byeenkoms is saam met die SA Padfietsrykampioenskap vir Gestremdes aangebied.

Onder dié jaers het Janos Plekker, ook van die Paarl, koning gekraai in die padwedren (60km) en tydtoets (18km) in die vierde afdeling. Hy het met tye van onderskeidelik 1:53min en 27:45,18s gespog.

Die ander handfietsry-uitslae is (C-afdeling) 1. Ernst van Dyk 1:13:30, 2. Krige Schabort 1:21:45, 3. John Vink 1:32:43. (B-afdeling) 42km 1. Hilary Lewis (JHB), Peter West (Pta), Lucas Weber (Swits), (A-afdeling) 24km Max Frei, 2. Andries Hough, 3. Tony Williams, aldrie van Helderberg-span.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za