Reserviste gesoek
2006-03-16
’n WERWINGSVELDTOG vir polisie-reserviste vind op 18 en 25 Maart plaas by Groenheuwel Primêr.
Belangstellendes word uitgenooi om vanaf 09:00 die byeenkoms by te woon, waar lede van die polisie beskikbaar sal wees om alle navrae te beantwoord.
Mense wat wil aansoek doen om reserviste te word, moet ’n matrieksertifikaat asook ’n geldige ID-boek saambring.
Vir navrae, kontak insp Karin Reid by 072-367-5300.
More
News
|