Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doen nou aansoek vir skenkings

Doen nou aansoek vir skenkings
 
2006-03-16


DIE Drakenstein Munisipaliteit het organisasies wat aan sekere kriteria voldoen, genooi om aansoek te doen vir skenkings.

Die stadsraad het in die huidige boekjaar ’n bedrag beskikbaar gestel waaruit skenkings aan verdienstelike plaaslike organisasies gemaak kan word.

Organisasies moet plaaslik gebaseer wees, nie-winsbejag wees nie, a-polities van aard en werk verrig wat direk betrekking het op die oogmerke en funksies van plaaslike owerhede.

Die voorgeskrewe aansoekvorms is be-skikbaar by die burgersentrum in die Paarl, die behuisingskantore in Paarl-Oos en Mbekweni, die munisipale kantore op Wellington, Saron en Gouda, asook al die munispale biblioteke.

Geen lopende/bedryfsuitgawes sal be-fonds word nie, slegs projekte.

Aansoeke moet volledig gemotiveer word en waar nodig ’n sakeplan insluit.

’n Afskrif van die organisasie se grondwet en registrasie by die Departement Maatskaplike Dienste as nie-winsgewende organisasie, moet die aansoek vergesel.

Aansoeke moet voor of op 18 April by die Munisipale Bestuurder in die Paarl ingehandig word.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za