Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland-atlete wil SA-titels verdedig

Boland-atlete wil SA-titels verdedig
 
2006-03-16


TWAALF van die atlete in die Boland-span van 76 wat vanjaar aan die SA Jeug en Junior Baan- en Veldkampioenskappe gaan deelneem, is tans SA-kampioene.

Dit is nie alleen die grootste Boland-span wat al ooit vir ’n nasionale kampioenskap gekies is nie, maar ook die sterkste.

Die byeenkoms vind op 7 en 8 April in Pretoria plaas.

Die atlete wat tans SA titels agter hul naam het, is Karin le Roux (hg), Nicola Loots (ps), Keenan Watson (vs), Dewayne Mouries (2000mH), Wenda Theron (200m), Janine Visser (400mH), Susan Groenewald (5000mS), Juanita Stander (ps), Heinrich Fortuin (100m) en Cornel Fredericks 100m.

Die Boland is tans ook die SA-kampioene in die 4x100m m.17 aflos en 4x100m s.17 aflos.

’n Verdere 15 atlete in die span het verlede jaar tydens dié byeenkoms 'n silwer- of bronsmedalje verower, terwyl 'n verdere 20 ook in 2005 in die finale geëindig het van die SA Junior Kampioenskap en/of die SA Jeug Spele.

Die plaaslike atlete wat in die Boland span opgeneem is, is (Junior mans) Gueron Kulsen (Noorder-Paarl, 100m, 200m), Dayne Lackay (PAK, 100m), Franco September (Kylemore, 400m), Henrico Rooi (New Orleans, 5000m, 3000mH), Louw Smit (Paarl Gim, 110mH), Keenan Watson (HJS, vs), Heinrich de Klerk (New Orleans, ds), Henco Nienaber (HJS, ps), Fernie Kitshoff (Paarl Gim, sg). (Jeug seuns) Rino Swanepoel (Paarl Gim, 400m), Edward Wessels (Boland Landbou, 400m), Marcelino Davids (Groenberg, 800m, 1500m), Mervin Louw (Bergrivier, 1500m), Charlton September (Bergrivier, 3000m, 2000mH), RJ Kellerman (Paarl Gim, gs), Christian Norman (Paarl Gim, ps). (Junior vroue) Nikki Horn (La Rochelle, 100m, 200m), Talita Lombaard (Paarl Gim, ps), Anel Beyers (HMS, ps). (Jeug meisies) Melissa Hewitt (La Rochelle, 100m), Ilse Liebenberg (HMS, vs), Megan Jackman (La Rochelle, hs), Janita Stander (La Rochelle, ps), Anne Niewoudt (HMS, ps), Felicia Mars (Kylemore, gs), Line Barnard (Paarl Gim, gs), Jo-Ann Williams (PAK, 5000m).



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za