Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swaar lewe op straat

Swaar lewe op straat
 
2006-03-16


“DIT is soms ’n swaar lewe op straat, maar dit is steeds beter as om by die huis te wees.”

So sê ’n straatkind nadat ’n vriend van haar verlede Donderdag met ’n mes in die been gesteek is deur nog ’n straatkind.

Die voorval het plaasgevind op die spoorlyn naby die Paarl Rugbyklub, in ’n gebied waar baie haweloses die nagte onder die bosse deurbring.

’n Rusie het onder die kinders ontstaan, en een van hulle het ’n mes uitgehaal en sy vriend daarmee gesteek.

Die Vrydag ná die voorval was daar ’n nota van die slagoffer se ma vasgepen aan ’n bos wat lui, “ Riaan, kom asseblief huis toe, van jou ma, Lynn.”

Die ma was egter steeds onbewus van haar seun se besering en twee dae later is hy terug na sy straatlewe.

Hawelose kinders is ’n toenemende probleem in die Paarl-gebied, met meer as 300 wat tans op straat woon.

Die vernaamste oorsaak dat kinders op straat beland, is hul sosio-ekonomiese omstandighede by hulle ouerhuise, wat veroorsaak dat hulle die pad vat en veiliger voel op straat.

Insp Lolly Foster van die Paarl polisiestasie, wat veral betrokke is by straatkinders, sê dat die meeste kinders op straat beland as gevolg van huishoudelike probleme soos drankmisbruik deur ouers, aanranding en molestering.

“Die kinders voel dan veiliger weg van hul ouerhuis af,” het insp Foster gesê.

“Daar is ook ander situasies, waar kinders steeds by die huis woon, maar hulle word gedwing om te bedel, want dit is hul gesin se enigste inkomste.”

Straatkinders raak dikwels betrokke by drank en dwelms, wat daartoe lei dat van hulle van ’n vroeë ouderdom af in prostitusie beland om sodoende geld te kry.

“Ek rig vir die kinders sokker af en soms neem ek vir hulle na ’n kollege in Kaapstad waar hulle vaardighede aanleer. Verder kan ek net vir hulle seep en kondome aanbied.”

Dr Leon de Jager is voorsitter van die Khula ontwikkelingsprojek wat straatkinders aanmoedig en help om terug te keer na hul gesinne en skole.

“Om kinders na ’n skuiling te stuur is ’n tydelike oplossing vir die probleem. Die langtermyn-oplossing is om vir hulle te help om te integreer by die gemeenskap,” meen De Jager.

“Ons projek het vier permanente gemeenskapswerkers wat onder kinders werk wat op straat woon, en ons het reeds baie sukses behaal om vir hulle terug te plaas in hul gemeenskappe.

“Die ergste ding wat ’n mens kan doen, is om vir hulle geld te gee, want dit subsidieer hul leefstyl.

“Van die kinders verdien meer as R100 per dag en dit raak al hoe moeiliker om vir hulle van die straat te verwyder.”

Dr De Jager kan gekontak word by 083-2308-360.
* Streetchildren have a hard time surviving on local streets.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za