Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bedrogklag ondersoek

Bedrogklag ondersoek
 
2006-03-16


’n KLAG van bedrog word ondersoek teen Werner van der Merwe, ’n voormalige werknemer van die begrafnisondernemer Doves.

Van der Merwe het sy pos verloor nadat ’n kliënt gekla het dat haar ma se begrafnis haar R5152 gekos het, wat sy kontant betaal het op Van der Merwe se aandrang.

Toe sy ’n afskrif van die kwitansie vir die boedel benodig het, is daarop aangedui dat die begrafnis slegs R2 290 gekos het.

Haar navrae by Doves se hoofkantoor het gelei tot ’n interne oudit en die ontslag van die werknemer, wat na bewering die verskil in sy sak gesteek het.

Volgens Hannes Wilken, uitvoerende hoof van Doves, het geen kliënt skade gely nie, maar die maatskappy het wel skade gely, omdat
Van der Merwe sou voorgegee het dat goedkoper begrafnisse gelewer is as die werklike diens wat gelewer is. Sowat 14 begrafnisse (R28 600) is ter sprake.

Wilken waarsku dat kliënte te alle tye moet aandring op ’n amptelike kwitansie.

Hy het enige kliënt wat navrae het, uitgenooi om hom te kontak by Doves se hoofkantoor tel 975-1010.

* A Paarl funeral parlour assistant has been sacked after allegedly committing fraud.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za