Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkoopsdame jaag dief

Verkoopsdame jaag dief
 
2006-03-16


’n WINKELDIEF is Dinsdag gefnuik deur ’n dapper verkoopsdame en ’n polisiebeampte wat van diens af was.

Boekwinkelassistent Kathariena Januarie het opgelet dat ’n man die winkel verlaat met iets voor in sy broek versteek.

Sy het hom sonder huiwering agterna gesit en tot voor die Standard Bank gejaag.

Toe konstabel Ivor Cupido uit die bank kom en sien wat aan die gang is, het hy die man verder agternagesit.

Die jaagtog het voortgeduur tot onder in Kasteelstraat, voordat konstabel Cupido die voortvlugtige aangekeer het.

Daar is R150 se skryfbehoeftes van Paper Weight in sy broek gevind.
Konst Cupido het gesê dat hoewel hy op verlof was, beteken dit nie dat hy aan die slaap gevang gaan word nie.

Kathariena sê dat alhoewel sy weet dat dit vir haar gevaarlik kon wees om die man agterna te sit, het sy nie twee keer daaroor gedink nie.

“Ek is egter baie bly dat konstabel Cupido uit die bloute opgedaag het, want ek dink nie dat ek alleen vir die man sou kon inhaal nie.”

Mbuthi Xolani van Mbekweni word aangekla in verband met die voorval.

* A Paarl shop assistant and off-duty policeman tracked down a shoplifter.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za