Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesukkel met ambulansnommers

Gesukkel met ambulansnommers
 
2006-03-16


’n SKOOLKIND wat Maandag deur ’n motor raakgery is, het met ligte beserings daarvan afgekom.

Jay-Jay Heskwa (12) het saam met vriende fietsgery in Ambagsvalleistraat, Paarl-Oos.

Volgens ooggetuies het Jay-Jay voor ’n aankomende voer- tuig ingery op die hoek van Ambagsvallei- en Rosakistraast.

Hy is met kopbeserings na Medi-Clinic geneem, en was bewusteloos.

Teen Dinsdagoggend het hy sy volle bewussyn herwin.

Volgens ’n omstander wat die ambulans gebel het, is hulle in kennis gestel dat hulle die nuwe Metro-beheerkamer by Tygerberg Hospitaal moet bel.

Hulle kon egter nie deurkom op dié nommer wat verskaf is nie, en het vir bykans ’n halfuur gesukkel om hulp in die hande te kry.

Uiteindelik het ’n omstander sy selfoon se noodnommer geskakel, wat die Metro-beheerkamer in kennis gestel het.

Die plaaslike beheerkamer is reeds in Februarie gesluit.

Noodoproepe moet nou eers na die beheerkamer by die Tygerberg Hospitaal gemaak word, waarna hulle die ambulansdienste in die Paarl in kennis sal stel.

’n Woordvoerder van die Metro-dienste het die versekering gegee dat hulle nou hoogs gesofistikeerde toerusting tot hulle beskikking het wat sal verseker dat die reaksietye vir noodvoertuie vinniger sal wees.

Die publiek moet steeds 10177 skakel in geval van nood.

* The ambulance service control room has moved to Tygerberg Hospital, but the number remains 10177.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za