Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rooftog

Rooftog
 
2006-03-16


MEER as R20 000 is verlede week tydens ’n gewapende roof by die Weltevrede Spar op Wellington gesteel.

Die winkel was besig om Woensdagaand omstreeks 20:00 toe te maak, toe vyf Xhosasprekende mans wat reeds binne die winkel was, een van die sekuriteitswagte bestorm het.

Die mans wat almal gewapen was, het geld uit die kasregisters gehaal, en daarna die kantoor bestorm en een van die werknemers, Adriaan Fisher, aangerand.

Hulle het op die kluis se sleutels aangedring en daarna al die kontant daaruit verwyder.

Die bestuurder van die Spar, Mary Fisher (Adriaan se ma), het gesê dat die hele voorval deur die sekuriteitskameras opgeneem is, en hopelik sal die rowers hierdeur vasgetrek word.

“Ons is net baie bly dat niemand erg beseer is nie, aangesien al die mans gewapen was.”

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die soektog na die mans voortgesit word, en alle leidrade word opgevolg.

Die ondersoekbeampte het gister die sekuriteitsvideos bestudeer.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za