Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun lewe ná nag op ashoop

Seun lewe ná nag op ashoop
 
2006-03-16


TERWYL die meeste kinders Dinsdagaand verlede week snoesig in hul beddens was, het ’n vierjarige seuntjie dié nag stoksiel-alleen op ’n vullishoop deurgebring.

Quinton Lintveldt is die aand saam met sy pa, Christoff Steenkamp, op ’n uitstappie geneem.

Hulle is na die vullisterrein van Wellington, waar Christoff saam met vriende aan die kuier geraak het en blykbaar die seuntjie daar vergeet het.

Omstreeks 22:30 het die pa by die huis gekom in Carterville, maar daar was geen teken van Quinton nie.

Quinton se ma, Margaretha Lintveldt, wou weet waar haar seun is, maar die pa het glo net kop geskud en gaan slaap.

Margaretha het ’n verbygaande polisiewa se hulp ontbied, en ’n reuse-soektog is na Quinton geloods.

Polisiebeamptes en lede van die departement van gemeenskapsveiligheid, het die vullishoop gefynkam, maar Quinton het soos ’n groot speld verdwyn.

Daar is deurnag gesoek na hom en uiteindelik is hy 07:30 die volgende oggend, kaalbolyf, deur lede van die polisie op die ashoop gevind.

Quinton was vaal van die koue en honger en is dadelik na die Wellingtonse polisiestasie geneem, waar hy iets te ete gegee is om sy lyfie warm te maak.

Margaretha is met trane in haar oë met haar seun herenig en het beloof dat sy nooit weer vir hom onder haar oë sou uitlaat nie.

* A four-year-old spent the night at the Wellington dump after being forgotten there by his father.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za