Hoe lank moet Uitsig wag?
2006-03-16
EK verwys na die skrywe in die Paarl Post van 23 Februarie “Sonder krag en sonder water” waarop die munisipale woordvoerder antwoord dat ‘n reservoir vir die woonbuurt Uitsig in Wellington gebou gaan word, en aanbeveel dat water gestoor word as kragonderbrekings geskeduleer word.
Die bou van ‘n reservoir gaan nog jare neem teen die spoed wat dinge by die munisipaliteit geskied.
Ons weet reeds dat daar nog vir die volgende twee tot drie maande kragonderbrekings kan wees.
Hoe moet water gestoor word as inwoners by hul werk is en saans as hul by die huis kom, is die krag af en is daar geen water nie?
Ek wil ‘n beroep doen op die munisipaliteit om nou reeds voorsorgplanne in werking te stel vir noodkrag aan die pompe in Uitsig, anders gaan daar groot probleme ontstaan in Maart en April as daar verdere kragonderbrekings is.
Reservoir te ver in toekoms Die munisipale woordvoerder reageer: Die elektrotegniese ingenieursdepartement is besig om kwotasies in te win vir kragopwekkers vir onder andere die Uitsig-area se watervoorsieningspomp.
Die beskikbaarheid blyk ook ‘n wesentlike probleem te wees. Dit is nie haalbaar om alle munisipale instansies van bystandkrag te voorsien nie.
More
News
|