Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Breinlose motoriste plas fietsryers

Breinlose motoriste plas fietsryers
 
2006-03-16


EK is ook ‘n fietsryer, maar nie breinloos nie.

Ek stem saam met “Ordinary People” se brief in Paarl Post van 2 Maart. Fietsryers moet nie langs mekaar ry nie, veral nie in die dorp nie.

Middelvinger is ook uit. Fietsryers moet nou nie hulle naam gaan weggooi nie.

Nou kan ek mos as fietsryer na sommige motoriste ook verwys as breindood. Party motoriste gee nie ‘n duit om vir fietsryers nie.

Ek het eendag alleen in die Hoofstraat gery, so na as moontlik aan die sypaadjie, waar jou agterent deurstamp, toe ‘n motoris so na aan my verbyry dat sy linkerspieël my regterarm net mis.

Dink net ‘n bietjie hoe kla die mense indien hulle so stamp-stamp ry op ons Paarl se paaie met hulle motors - dink net hoe voel ons op ‘n fiets as jy so na aan die sypaadjie ry.

‘n Ander gier is om die toeter te blaas en jy skrik jou morsdood net om te sien daar is niemand anders behalwe jy en jou fiets, die teerpad en die motoris nie.

Motoriste, die pad behoort nie net aan julle nie. Dit is lekker om fiets te ry. Miskien moet jy dit oorweeg om vir jou ook ‘n fiets te kry.

Dink net hoe skoon sal die Paarl se lug wees as meer mense fietsry.

So tussen hakies, fietsry is ook vir ontspanning en nie net nog ‘n sportsoort nie.

Fietsryer



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za