Peoples se krieket
2006-03-16
DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub glimlag breed nadat hulle Saterdag op Stellenbosch vir Van der Stel met 24 lopies geklop het.
Die besoekers se wedstryd het egter nie aanvanklik so waffers verloop nie.
Rupert Bailey (17 4x3) en Andrew Victor (14 4x2) verloor hul paaltjies kort na mekaar en daarna stort die kolfwerk heeltemal in duie.
Met die telling op 82/6 het ’n hardnekkige vertoning deur Edwin Jacobs (31 4x4), Lorenzo Jacobs (24 4x4) en Brendon Gabriels (25 4x3) die besoekers na 160 gehelp.
Vir Van der Stel het die voormalige Peoples-kaptein, Jacques Kraynauw (3/33 in 13bb), die beste geboul.
Die Tiere toon egter groot veggees in die veld en dit help dat hulle die tuisspan to slegs 136 beperk.
Die balle is afgestuur deur Gercian Gabriels (3/34 in 15bb), Lester Opperman (3/35 in 12bb), Hubert Ontong (2/16 in 9bb) en Tom-Ross Fortuin (1/21 in 8bb).
Peoples II (270/8) het ook vasgebyt om ’n onbesliste uitslag af te dwing teen Van der Stel (322/5) op Stellenbosch.
Ainsley Anderson (3/64 in 15bb), Audin Carolissen (40 4x5, 6x1) en Riaan Damonse (52 4x5, 6x3) was Peoples se uitblinkers.
Die derde span het sy seisoen op ’n hoë noot afgesluit deur Brackenfell in die laaste wedstryd van die seisoen, met vier paaltjies te klop.
Brackenfell stel die teiken van 242 en danksy goeie beurte deur Christo Eksteen (81nun 4x7) en Chester Kuiler (80 4x11, 6x1) wat ’n terugkeer tot die span maak, nadat hy aan die begin van die seisoen sy been gebreek het, behaal Peoples die totaal met agt beurte oor.
Vroeër die dag het kaptein Cedrick Williams (3/37 in 9bb), Jonathan Jacobs (2/47 in 8bb) en Eksteen (2/35 in 6bb) goed met die bal vertoon.
Saterdag speel Peoples I weg teen Brackenfell, terwyl die tweede span weg speel teen Coronations.
More
News
|