Wellington Rugbyklub pak UK op eie rugbydag
2006-03-16
DIE Wellington Rugbyklub hou Saterdag ’n groot rugbydag.
Die klubs wat in aksie sal wees, is Wellington en Universiteit van Kaapstad (twee spanne elk), Citrusdal, Collegians, Kaapse Universiteit van Tegnologie (CPUT), Clanwilliam, Delicious en Loeriesfontein.
Die wedstryde sal op Boland Stadion en Wellington Rugbyklub se velde gespeel word.
Die eerste westryde tussen Citrusdal en Collegians en CPUT en Delicious skop om 13:30 af.
Die hoofwedstryd tussen die eerste spanne van Wellington en UK sal om 18:05 begin.
* Wellington het Saterdag aan Vredendal se Rugbydag deelgeneem en 28-12 teen Villagers (Kaapstad) verloor.
Die klub het van die geleentheid gebruik gemaak om sy nuwe spelers ’n speelkans te gee, met slegs vyf van sy gereelde spelers wat uitgedraf het.
More
News
|