Boland Fietsry hou padwedren
2006-03-16
DIE Boland Fietsry-unie hou Saterdag ’n reeks padwedrenne vir fietsryers van alle ouderdomme in die Paarl.
Die wegspringpunt is by die ingang van Boland Park en die eerste wedren vir o.10 en o.12 ryers begin om 14:00.
Die jongetjies sal mekaar oor 30km die stryd aansê. ’n Sirkelroete van 6km sal gery word, met die Ope-ryers wat 84km (14 rondes) sal moet aflê.
Die o.14 ryers sal 42km ry, die vroue 54km en die o.16-afdeling sal oor 66km beslis word.
Die fietsryers is ook tans hard besig om vir die SA Baankampioenskap voor te berei wat einde April in Durban gehou word.
’n Voorlopige groep sal eersdaags aangekondig word waaruit spanne gekies sal word vir die span-agtervolgingswedrenne tydens die SA-byeenkoms.
Die Unie is ook hard aan die werk in die ontwikkeling van die sport, met heelwat ontwikkelingswedrenne wat aangebied word.
Belangstellendes kan met enige soort fiets deelneem. Navrae: Ian Goetham 862-5670 of 083-949-4501.
More
News
|