Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoffman maak Boland trots

Hoffman maak Boland trots
 
2006-03-16


DIE plaaslike fietsryer, Nolan Hoffman, het Sondag die harte in die Paarlvallei laat warm klop toe hy die Argus Fietstoer in die tweede plek voltooi het.

Hoffman, ’n boorling van Franschhoek wat deesdae in Gauteng vir die beroepsfietsry-span Exel ry, het die tweede plek in die Argus wat ook die vyfde been van die Giro del Capo Fietstoer was, losgery ná ’n goeie naelrit vir die wenstreep (foto).

Hoffman is egter net-net deur die Slowaak, en uiteindelike wenner van die Giro-toer, Steffen Radochla (Wiesenhof) geklop. Die Duitser, Stefan Heiny, was in die derde plek.

Hoffman se algehele plasing in die vyfdagtoer was 48ste. Maar, sê Nolan sy span se fokus was van die begin af op die Argus.

“Omdat dit so ’n groot wedren is, het ons van die begin af gefokus om die Argus te wen.

“As ek tydens die res van die toer ’n goeie dag beleef het, en onder die voorste fietsryers kon klaarmaak, sou dit ’n bonus gewees het, maar dinge het nie heelwat so gewerk nie,” vertel Hoffman.

Spanmaats Adrian Maaske en Rupert Rheeder het Sondag gesorg dat die ander jaers nie Hoffman se aanval voor die wenstreep kon striem nie.

“Hulle het die ander naelryers op ’n afstand gehou. Kort voor die wenstreep het drie ryers weggebreek vir die naelrit, hulle was oor die breedte van die pad versprei. Een het begin uitsak en dit het my die gaping gegee, ongelukkig was dit net voor die einde en was daar nie genoeg tyd om my wiel eerste oor die lyn te kry nie,” sê Nolan.

Die Exel-span vertrek in Mei na Europa waar hulle aan heelwat wedrenne en toere sal deelneem.

“Die vlak van fietsry is net soveel sterker daar en ons hoop dat dit ons die nodige voorbereiding sal gee om goed te doen in die SA Padkampioenskap wat in Junie plaasvind.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za