Dubbele lekker vir New Orleans
2006-03-16
’n DUBBELE lekker! Dit is wat die eerste krieketspan van New Orleans Sekondêr vandeesweek gevier het.
Die span het verlede Woendagaand op Boland Park die PYZ-skild verower toe hulle die verdedigende kampioene, Paul Roos Gimnasium, in die eindstryd met drie paaltjies geklop het. Dit is die eerste keer ooit dat New Orleans dié toernooi wen.
Die Stellenbossers het 150/7 aangeteken, met D Campbell (42), W van Zyl (27) en J Bothma (27) wat die hoogste tellings behaal.
Clayton August (3/20 in 6bb) was die Paarliete se beste bouler.
Die Paarliete het ’n stewige basis behaal danksy die 52-lopie vennootskap tussen die openingspaar Björn Hollenbach (37 4x7 van net 30 balle) en Dane Schoor (24 4x1).
Clayton Blommetjies se 36 (4x4) van 37 balle het die Paarliete se beurt verder versterk en hy is dan ook as speler van die wedstryd aangewys.
Die New Orleans-spelers kon Saterdag hul borse selfs verder uitstoot toe hulle vir Klein Nederburg in hul derby-kragmeting met ’n allemintige 128 lopies geklop het.
NO het 232 aangeteken danksy die goeie kolfwerk van Dane Schoor (32), Kurt Julius (38), Clayton Blommetjies (50) en Robin Andrews (28).
Dit was egter Julius (6/12 in 6bb) en Tiaan Cloete (3/0 in 10bb) wat die wedstryd vir NO verseël het, deur KN tot 104 te beperk.
More
News
|