Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Landbouskool hou oesfees

Boland Landbouskool hou oesfees
 
2006-03-23


DIE Boland Landbouskool Oesfees begin op Vrydag 24 Maart om 19:00 en word weer in lapas aangebied.

Kaartjies sluit ’n braaivleisete met baie musiek. Onder die kunstenaars is Nic Stevens, Martelize (Idols) en Amoré (Burger Plussterkompetisie).

Die koste is R120 per persoon. Bespreking is noodsaaklik, by 869-8143.

Saterdag 25 Maart van 09:00 af hou die skool weer sy tradisionele kermis met plaasontbyt, vars plaasprodukte, landbou-expo en veiling.

Daar sal ook ’n pretloop deur die natuurreservaat, toutrek en ’n worsbraaikompetisie wees. Daar sal antieke trekkers te sien wees en ’n meganiese bul om te ry.

Moenie die vleistafel, biltongtafel en ander stalletjies mis nie.
Zirk Bergh tree in die Markiestent op vanaf 10:00.

Rugbywedstryde word gespeel tussen De Kuilen en WA Joubert (o.13), Eikestad en Hugenote (o.13), en Boland Landbou en Worcester Gim (o.16).

Navrae by 869-8143 of besoek www.bolandland bou. co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za