Leer meer oor kanker
2006-03-23
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het jou nodig. Vrywilligers word dringend gesoek om betrokke te raak by hul voorkomings- en vroeë opsporing-veldtogte.
’n Kursus word beplan vir die Paarl van 28 tot 30 Maart daagliks vanaf 09:00 tot 16:00.
Dit is nou jou kans om betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak.
As jy bereid is om een uur per week as vrywilliger te werk, kan hulle jou gebruik.
Kursusgangers sal inligting omtrent kanker ontvang met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing.
Daar sal van kursusgangers verwag word om hierdie inligting in die gemeenskap te versprei.
Die kursus sluit in voorkoming, waarskuwingstekens, diagnose, behandeling en soorte kankers en word deur mediese praktisyns van die Paarl en omgewing behandel.
Indien u meer wil leer omtrent kanker en ’n bydrae in u gemeenskap wil lewer, skakel Mareé Lambrechts by 876-3589 gedurende kantoorure.
Los u naam en telefoonnommer op die antwoordmasjien en hulle skakel spoedig terug.
More
News
|