SEB vir landbou bekyk
2005-04-07
‘n WERKSESSIE oor swart ekonomiese bemagtiging wat op die landbousektor gemik is, vind Dinsdagmiddag 12 April van 14:00 by die Protea Hotel, Tegnopark, op Stellenbosch plaas.
Die Exceed Groep bied reeds sedert November verlede jaar ‘n reeks SEB-werksessies aan.
Elk van dié werksessies is op ‘n spesifieke ekonomiese sektor gemik en die volgende aan die beurt is die landbousektor.
Die sprekers sluit in Tenk Loubser (Exceed Financial Services), Charl Marais, ‘n kundige op die gebied van SEB, Rico Basson (Nedbank) en Chris van Wyk (Exceed Financial Services).
Vir meer besonderhede of om plek te bespreek, kontak Christa Louw, tel 808-7220 en christa@exceed. co.za of Marna van Wyk, tel 882-8140 en marna@exceed.co.za.
More
News
|