Doen aansoek vir skenking
2006-03-23
DIE Drakenstein Munisipaliteit het organisasies wat aan sekere kriteria voldoen, genooi om aansoek te doen vir skenkings.
Die stadsraad het in die huidige boekjaar ’n bedrag beskikbaar gestel waaruit skenkings aan verdienstelike plaaslike organisasies gemaak kan word.
Organisasies moet plaaslik gebaseer wees, nie-winsbejag wees nie, a-polities van aard en werk verrig wat direk betrekking het op die oogmerke en funksies van plaaslike owerhede.
Die voorgeskrewe aansoekvorms is beskikbaar by die burgersentrum in die Paarl, die behuisingskantoren in Paarl-Oos en Mbekweni, die munisipale kantore op Wellington, Saron en Gouda, asook al die biblioteke.
Geen lopende/bedryfsuitgawes sal befonds word nie, slegs projekte.
Aansoeke moet volledig gemotiveer word en waar nodig ’n sakeplan insluit. ’n Afskrif van die organisasie se grondwet en registrasie by die Departement Maatskaplike Dienste as nie-winsgewende organisasie, moet die aansoek vergesel.
Aansoeke moet voor of op 18 April by die Munisipale Bestuurder ingehandig word.
More
News
|