Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fortissimo's sing Sondag in die Paarl

Fortissimo's sing Sondag in die Paarl
 
2006-03-23


DIE Fortissimo’s koor tree Sondag tydens die oggenddiens in die Suider-Paarl NG Kerk op.

Die koor is ses jaar gelede gestig deur koorleier Anna-Liza Fourie.

Die Fortissimo’s (afgelei van die musiekterm fortissimo, wat sterk en baie hard beteken), het aanvanklik uit ’n kwartet bestaan, maar het intussen uitgebrei tot ’n koor van meer as 30 lede.

Die lede is vrywilligers en gelowige sangers van alle rasse, beroepe en ouderdomme. Die meeste groeplede is sangstu dente en die kwaliteit van die musiek is van professionele gehalte.

Dit wissel van geestelik tot sekulêr, klassiek tot kontemporêr, eie en vreemde, asook inheemse volksmusiek.

Optredes van die groep bestaan nie net uit koormusiek nie. Weens die unieke samestelling van die groep word afgewissel met solo’s, duette, kwartette, sang en instrumentale items.

Op hierdie manier word blootstelling en ondersteuning van onskatbare waarde aan veral jong sangers gegee om hulle musiektalent ten volle te ontwikkel.

Die Fortissimo’s skakel graag met ander sangers en groepe en tree ook op by eredienste, begrafnisse, troues en ander funksies in die Boland en omgewing.

Navrae en besprekings kan gedoen word by Anna-Liza Fourie, 082-619-1729.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za