Kuns te kyk en te koop
2006-03-23
KUNSSTUDENTE stal môre om 19:00 hul skilderye uit in die Steeg Kunsgalery in Kerkstraat 41, Wellington.
Met die eerste uitstalling verlede jaar, is byna al die skilderye van Nanna Bakkes se Nooitverwacht kunsstudente deur die publiek gekoop.
Die studente wissel in ouderdom van 16 tot 65 jaar.
Almal is welkom om die kuns van die 25 studente te geniet. Verversings sal ook aangebied word.
Skakel Nanna by 082-898-3483 vir enige navrae oor die uitstalling..
More
News
|