Vullishoop in as
2006-03-23
DIE plaaslike brandweer moes vandeesweek vir bykans vier dae lank ’n brand bestry by Wellington se vullisterrein.
’n Brand is op 12 Maart deur onbekende persone by die terrein gestig, en die stootskraper wat gewoonlik gebruik word om vullis toe te stoot (en ook brande met sand te blus), was buite werking.
Gevolglik moes brandweermanne vir die vier dae bystand doen om te verhoed dat die brand versprei.
* Nog ’n onwettige brand het die brandweermanne vroeg Maandagoggend bokant die Paarlse middedorp teen die hange van Paarlberg besig gehou.
’n Vuur wat vermoedelik deur haweloses gemaak is, het buite beheer geraak en tussen die dennebome in beweeg. Die vuur is later die dag geblus.
More
News
|