Bendelede gevonnis
2006-03-23
TWEE bendelede van Smartietown is in die Paarl streekhof gevonnis onder wetgewing wat bende-aktiwiteite 地 oortreding maak.
Marius (Mice) Adonis (25) van Ameliastraat sal ses jaar lank effektief agter tralies deurbring.
Die ses jaar gevangenisstraf van Leon Thompson (28) van Leatherstraat, Smartietown, is vir vyf jaar opgeskort.
Indien Thompson binne die volgende vyf jaar aan bendebedrywighede skuldig bevind word, sal die ses jaar vonnis onmiddellik intree.
Adonis, 地 lid van die Junky Funky-bende, is aangekla van poging tot moord nadat hy met 地 vuurwapen op 地 lid van die Americans bende geskiet het.
Thompson, ook lid van die JFK痴, het in 地 ander voorval na 地 lid van die publiek geskiet.
Hulle is in hegtenis geneem en onder die nuwe POCO-wetgewing (voorkoming van georganiseerde misdaadbedrywighede) aangekla em skuldig gevind.
Borg is geweier toe die mans verlede jaar in die Paarlse hof verskyn het en hulle was sedertdien in aanhouding.
More
News
|