Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Windmeul Primêr hou sewes-toernooi

Windmeul Primêr hou sewes-toernooi
 
2006-03-23


LAERSKOOL sewesrugby-aksie is môreaand by Windmeul Primêr te sien wanneer die Danwell Demas Sewestoernooi in die Agter-Paarl afskop.

Rugbyspanne van agt skole sal vanaf 19:00 in aksie wees.

Benewens die gasheerskool sal spanne van die primêre skole Alfons, Orleansvale, Nederburg, St Albans, Wellington,
Kersboslaagte en Nieuwedrift teen mekaar kragte meet.

Die toernooi word deur die oud-leerder en SA Sewes Springbok, Danwell Demas, geborg en daar gaan gepoog word om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Demas, wat tans nie by die Springbok-Sewespan betrokke is nie, is deel van die Bulls-groep wat vandeesweek na Australasië toer vir die oorsese been van hul Super 14-veldtog.

Toegang is R5 en die eindstryd in die bekerafdeling sal om 21:30 afskop.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za