Vineyards klap Windmeul stil
2006-03-23
DIE eerste span van Vineyards Rugbyklub lyk gerat vir die opkomende seisoen.
Die span het Saterdag in hul vriendskaplike wedstryd op Faurestraat Stadion vir Windmeul United 22-0 geklop.
Vineyards het vier drieë ingeryg, met Moegamat Patel, Zarier Nackerdien, Thaamir Moerat en Arshad Abrahams wat in die doelgebied gaan kuier.
Adlee Moerat het met een doelskop geslaag.
Thaamir Moerat is as die speler van die wedstryd aangewys vir sy goeie spel in die lynstane en penetrerende stormlopies.
Die sege het Vineyards se selfvertroue ’n groot hupstoot gegee aangesien Windmeul in ’n liga hoër speel.
Saterdag speel Vineyards in ’n feeswedstryd teen Paarl Rangers tydens die Boland Somerfees wat op Daljosafat Stadion gehou word.
Feesgangers kan uitsien na ’n hele dag van rugby-aksie met die junior wedstryde o.11, o.13 en o.16 wat reeds om 11:00 afskop.
Die hoofwedstryd begin om 16:30.
More
News
|