Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples sukkel in pylvlak

Peoples sukkel in pylvlak
 
2006-03-23


ALBEI spanne van Young Peoples Krieketklub moes Saterdag die knie buig.

In Brackenfell het Peoples se eerste span 156 aangeteken, met die laaste paaltjie wat in die 49ste beurt kantel.

Edwin Jacobs (42 4x5), Andrew Victor (31 4x5) en Lester Opperman (25nun 4x1, 6x1) was die voorste lopiemakers.

Brackenfell behaal die wenlopies, met net vyf paaltjies plat.

Die Boland-speler Wiaan Smit was die groot doring in die Peoples-boulers se vlees. Sy onoorwonne 115 lopies het 14 grenshoue en ’n ses ingesluit.

Quinton Kannemeyer (3/34 in 15bb) was Peoples se beste bouler.

Op Pniel het Peoples II ook teen Coronations vasgeval.

Die tuisspan het 270 aangeteken danksy ’n uitstekende beurt deur Enslin Williams (133 4x11, 6x3).

Vir Peoples het Ainsley Anderson (2/42 in 12bb) en Marlin Carolissen (3/52 in 15bb) die paaltjies laat kantel.

Die besoekers word vir ’n skamele 94 uitgehaal, met slegs Alec Dyssel (44) wat uitblink.

Peoples was na ses beurte goed op dreef en het 96/0 op die telbord gehad, ’n hewige ineenstorting, wat deur Kurt Adams (4/9 in 7bb) bewerkstellig is, het egter die Tiere se sterte geknoop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za