Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers pak Bulle sonder ysters

Kavaliers pak Bulle sonder ysters
 
2006-03-23


’n TERUGSLAG het die rugbyspan van die Fidentia Boland Kavaliers getref toe sy haker en kaptein Conrad Burke nie oorweeg is vir Saterdag se wedstryd in die Vodacom Bekerreeks teen die Blou Bulle op Wellington nie.

Burke is deur die spandokter aangeraai om die week te rus sodat die ligamente in sy voet genoeg tyd het om te herstel. Sy spanmaat Henley du Plessis het hom verlede naweek teen die Oostelike Provinsie per ongeluk raakgetrap.

Du Plessis is ook intussen nie oorweeg nie. Hy sukkel met ’n seer dyspier wat hom al geruime tyd pla. Burke word deur Pieter Wium vervang terwyl Angelo Brinkhuys Du Plessis se plek sal volstaan.

Die twee vleuels Enrico Swartz (linkervleuel) en Alvin Hugo (regtervleuel) ruil truie, terwyl die slot Willie Bower die begin-vyftiental gehaal het voor Coenie Basson.

Volgens die afrigter Deon Davids sal die leierskap van Burke ’n leemte laat.

“Ek twyfel nie dat die plaasvervangers waardige spelers is nie. Burke is ’n goeie leier op die veld en ek vertrou dat Charl (Blom) die leisels met sukses sal vashou,” het Davids gesê.

Die Kavaliers kom Saterdag te staan teen 'n span wat verlede naweek teen die Griffons op Welkom weens ongedissiplineerde spel ’n paar spelers kwyt is.

Die tuisspan soek sy derde agtereenvolgende oorwinning ná hy met die SWD Arende (76-22) en die Oostelike Provinsie (31-16) afgereken het.

Die twee oorwinnings, wat albei vir hom volpunte (vyf) op die puntelys besorg het, het die Kavaliers ’n gunstige posisie besorg.

Die Boland beklee tans die sesde plek ná vyf wedstryde met in ag neming dat die Blou Bulle en Wildebeeste ook onder die voorste ses spanne is.

Die wedstryd skop om 16:00 op Boland Stadion af.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za