Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tunisië wil SA beleggers lok

Tunisië wil SA beleggers lok
 
2005-04-07


TUNISIë het onlangs waarborge verskaf om Suid-Afrikaanse beleggers te lok, en ‘n Wellingtonner, Eugene Erasmus (voorheen van Sabek), is aangestel as bestuurshoof van die Tunisiese Sake-inisiatief in die Wes-Kaap.

Die klem is veral geplaas om Suid-Afrikaanse beleggers aan te moedig om in Tunisië te belê as poort tot die Europese Unie.
Die Tunisiese handelsbalans tussen Tunisië en Suid-Afrika vir die eerste agt maande van verlede jaar was 6,7 miljoen Euro (R52,8 miljoen).

Tunisië is een van die kleinste, maar vooruitstewende lande in Noord-Afrika, slegs sowat een uur se vlugtyd van Frankryk en Italië.

Die land spits hom veral toe op die verbouing van koring, gars, olywe, wingerdbou, asook die maak van besonderse wyn.

Groenteverbouing in die algemeen is goed op dreef, asook die vervaardiging van kurk. Minerale ontginning sluit hoofsaaklik Fosfaat, Fosfaatgas en Petroleum, asook Sink in.

Toerisme is veral ‘n groot bron van dié land se potensiële ontwikkeling, met uitstekende hotelle en strandgeriewe.

Die stigting van Tunsa (die Suid-Afrika Tunisië Sake-Inisiatief), spruit uit die besoek in Oktober van President Thabo Mbeki aan Tunisië, waartydens ‘n aantal samewerkingsooreenkomste gesluit is.

Eersdaags gaan daar ‘n groep verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse sakelui, as gaste van die Tunisiese Regering eerstehandse inligting oor dié land inwin.

Binnekort sal daar ook ‘n “Inligtingsessie” gereël word, waartydens Wes-Kaapse en Bolanders ingelig sal word oor al die Sake-Inisiatief wat in die land op hul “Inisiatief” wag.

Belangstellendes kan Eugene Erasmus kontak by 072-496-1887, faks 863-3460 of e-pos ecorp_mark@mighty.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za