Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog slypskole vir atlete

Nog slypskole vir atlete
 
2006-03-23


ATLETE kan Saterdag nog verder slyp aan hul vorm wanneer die Wes-Kaapse Senior Baan- en Veldkampioenskap in Parow aangebied word.

Dié byeenkoms is gereël weens die SA Senior Kampioenskap wat vanjaar vervroeg is en reeds vroeg in Februarie plaasgevind het.

Die SA Senior Kampioenskap is vervroeg om ’n Suid-Afrikaanse span te kan kies vir die Statebondspele wat tans in Melbourne, Australië, gehou word.

Om egter te verseker dat SA atlete wat nie die Statebondspele-span gehaal het nie, wel voldoende kompetisie-geleenthede kry tydens vanjaar se atletiek-seisoen, is daar besluit om die Wes-Kaapse Senior Baan- en Veld- Kampioenskap te reël.

Verskeie ander atlete is egter ook in voorbereiding vir hul onderskeie nasionale kampioenskappe.

Talle atlete berei tans voor vir die SA Skole Kampioenskap in Sasolburg vanaf 31 Maart tot 1 April, die SA Studente Kampioenskap op dieselfde datum in Port Elizabeth, en laastens die SA Jeug- en Junior Kampioenskap in Pretoria vanaf 7 tot 8 April.

Daar is gevolglik besluit om al die atlete in bogenoemde Boland-spanne op te neem in die Boland-span wat Saterdag in Parow gaan deelneem.

Meer as 200 atlete is in die proses in die Boland-span opgeneem en heelwat puik prestasies word verwag.

Die byeenkoms begin om 08:30 met die 10 000m vir meisies.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za