Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog 'n rekord op Van Dyk se kerfstok

Nog 'n rekord op Van Dyk se kerfstok
 
2006-03-23


DIE jaar kon nie op ’n beter noot vir die rolstoel-atleet, Ernst van Dyk (foto), afskop nie.

Die Paarliet het Sondag die rolstoel-afdeling van die Los Angeles Marathon in ’n rekord-tyd van 1 uur 24 minute en 48 sekondes afgelê.

Die Suid-Afrikaner het nie alleen die $3000 (sowat R19 000) prysgeld opgeëis nie, maar ook verseker dat hy vir die volgende vyf jaar ’n verdere $50 000 (sowat R317 000) sal ontvang omdat hy ’n nuwe rekord losgery het.

Die Meksikaan, Aaron Gordian, en Kurt Fearnley van Australië was tweede en derde met dieselfde tyd van 1:32,10.

Van Dyk se volgende groot mikpunt is ’n sesde agtereenvolgende sege in die Boston Marathon wat op 17 April gehou word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za