Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Straf kan Wellington se drome kelder

Straf kan Wellington se drome kelder
 
2006-03-23


DIE titel van Boland klubkampioen kan straks aan die Wellington Krieketklub behoort, mits die Boland Krieketraad besluit om hulle nie ’n nege strafpunte te ontneem nie.

Die McCarthy Toyota Paarl Wellington Krieketklub het die Top 8-kompetisie van die Premierliga Saterdag gewen nadat hulle met Paarl-Oos Krieketklub afgereken het.

Dinsdag se oorwinning oor Young Peoples Krieketklub op Daljosafat Stadion het Wellington die nodige punte gegee om die titel op te eis.

Hoekom die klub se kanse om vanjaar die Boland by die Nasionale Klubkampioenskap te verteenwoordig nog in die weegskaal hang, is weens punte wat vroeër die seisoen afgetrek is.

Die span is met nege punte beboet nadat een van sy spelers, Riaan Jephtha, nie ’n vertrek-sertifikaat kon voorlê nie.

Jephtha het twee seisoene gelede nog vir Young Peoples gespeel. Hy het verlede seisoen weens 'n besering geensins krieket gespeel nie.

Die Boland Krieketraad het gisteraand vergader om die kwessie te bespreek.

Sou daar besluit gewees het om die nege punte terug te gee aan Wellington sal dit die eerste keer wees in sowat 30 jaar dat dié klub weer as die Boland klubkampioen gekroon word.

As daar egter volstaan word by die straf, sal Brackenfell met die titel wegstap.

Wellington het tans 229,5 punte na 22 wedstryde ('n gemiddeld van 10,43) terwyl Brackenfell 220 het ná 21 wedstryde wat hulle met 'n breukdeel 'n beter gemiddelde punt van 10,48 gee. Dit beteken dat 'n skamele 0,05 die twee spanne skei.

Wellington eindig goed

Wellington (178/3) het Saterdag op sy tuisveld vir Paarl-Oos (177) met sewe paaltjies geklop.

Die Paarliete se uitblinkers was Shaun Cuttings (51 4x6) en Waylain September (29 4x6), terwyl Christo Ritter (4/35 in 14bb), Riaan Jephtha (2/40 in 12bb), Stiaan van Zyl (50nun 4x6, 6x3), Dawie Malan (38 4x5) en Jaco Carstens (32 4x2) Wellington van ’n sege verseker het.

Wellington (214/8) het Dinsdag ’n ewe oortuigende sege van 92 lopies oor Young Peoples behaal.

Die wedstryd is met 45 minute vertraag weens ’n nat kolfblad. Dit het nie gereën nie maar nadat daar Maandag ’n wedstryd op die blad gespeel is, is dit natgespuit wat sake die volgende dag vir Wellington ietwat bemoeilik het.

Die besoekers het nietemin 241/8 in hul 60 boulbeurte aangeteken, danksy Dawie Malan (80 4x12), Christo Ritter (46 4x6), Sarel Wolmarans (44 4x2, 6x3) en Stiaan van Zyl (37 4x7).

Peoples se beste boulers was Lester Opperman (3/33 in 11bb) en Hubert Ontong (3/57 in 12bb).

Die Peoples-kolwers se moeilikheid het vroeg begin toe Quinton Kannemeyer deur paaltjiewagter, Bronwell Williams, uitgevang is van die boulwerk van Ryan Groeneveld.

Peoples verloor sy eerste vyf paaltjies deur slegs 40 lopies op die telbord te sit.

Die tuisspan word vir 122 uitgehaal.

Ryan Groeneveld (3/31 in 15bb), Dawid Malan (3/26 in 12bb) en Henco Bornman (2/19 in 10bb) het die kolwers op hul knieë gedwing.
Peoples se beste kolwer was Edwin Jacobs (56 4x3).

Wellington het in Desember laas ’n wedstryd verloor. Die klub het in die Top 8-kompetisie sewe wedstryde gespeel waarvan die eerste een (teen Brackenfell) onbeslis geëindig het, die res het die Wellingtonners almal gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za