Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Agri Wes-Kaap hou kongres

Agri Wes-Kaap hou kongres
 
2006-03-23


AGRI Wes-Kaap hou Dinsdag om 08:30 ‘n streekkongres in die Stellenbosse Landbougenootskapsaal waar lede hul sê kan sê oor landbou-aangeleenthede wat hul daaglikse plaasaktiwiteite raak.

Dit sluit in sake soos eiendomsbelasting, Agri SEB, landelike veiligheid, plaasskole, en haakplekke met hul plaaslike munisipaliteite.

Vanjaar is daar ‘n bykomende fokus op wetgewing - die wyse waarop landbouwetgewing op boere impakteer en hoe hulle betrokke kan raak en hul insette kan gee tot wetgewende prosesse en prosedures.

Die Onteieningswet sal ook hanteer word.

Die hoofsprekers is Agri SA parlementêre verteenwoordiger Annelize Crosby en Agri Wes-Kaap president Christof Cloete.

Hierdie jaar gaan hy lede konfronteer met ‘n vraag wat op die oog af maklik klink, “Hoekom boer ons nog?”

As ‘n mens die vele struikelblokke in ag neem wat landbouers deesdae moet oorkom, met wetgewing, statutêre heffings, veranderende klimaatstoestande en toenemende druk van regeringskant, is die antwoorde op dié vraag egter kompleks.

Ander onderwerpe is finansiële verliese weens kragonderbrekings en brande.

Vir registrasie (R20), kontak Helena van Eeden by tel 860-3800 of e-pos helena@awk .co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za