Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe Terroir-toekennings

Nuwe Terroir-toekennings
 
2006-03-23


DIE uitmuntende wyne wat ‘n toonbeeld is van Suid-Afrika se veelsydige “terroir” (die Franse woord en internasionale term vir spesifieke wynbou-terreine), sal sterk na vore gebring word by die eerste Suid-Afrikaanse Terroir Wyntoekennings.

Slegs wyne gesertifiseerd as Wyn van Oorsprong van ‘n spesifieke wyk, landgoed of wingerdblok, kwalifiseer vir die kompetisie. Dit beoog om werklik Suid-Afrika se mees eiesoortige en top gehalte kultivarwyne, versnitwyne, Cape Classique vonkelwyne, natuurlike soetwyne en dessertwyne te bepaal.

Die belangrikste rol in die verbouing van druiwe wat bestem is vir ikoon-wyne, is om die edel eienskappe wat geskep word deur ‘n bepaalde grond en klimaat, ten volle te benut.

Die Wyn- en Spiritusraad het die konsep van Terroir Wyntoekennings goedgekeur en sal die geldigheid van die inskrywings bevestig.

“Baie van hierdie gesertifiseerde wyne van ‘n spesifieke terroir is deel van produsente se reserwe en vlagskip reekse. Met die strawwe kompetisie op die plaaslike en internasionale markte, weens die steeds toenemende nuwe handelsmerke, is dit tot die wynbedryf se voordeel om ons elite terroir wyne te vertoon.

“Dit sal nie net ‘n kelder wat wenwyne oplewer se beeld aanvul nie, hierdie wyne kan ook op die internasionale toneel as ‘n bemarkingsinstrument vir die Kaapse wynland gebruik word,” sê ervare joernalis en media-agent, Marius Labuschagne, die stigter van Terroir Wyntoekennings wat al meer as 20 jaar in die wynbedryf betrokke is.

Die top wyne van distrikte en wyke sal gekeur word, asook die nasionaal Suid-Afrikaanse wynstreekwenners. By die toekenningsfunksie sal die mense wat die wingerde vertroetel om die hoogstaande druiwe aan die kelder te verskaf ook erkenning kry.

‘n Jong, onafhanklike beleggingskonsultantmaatskappy, Novare, is die borg van Terroir Wyntoekennings. Vyftig persent van Novare word besit deur die Mvelaphanda Groep Beperk, wat in 1998 deur Tokoyo Sexwale op die been gebring is. Hy besit ook ‘n wynplaas in Franschhoek.

Die voorsitter en direkteur van Novare en die uitvoerende hoofbeampte van Mvelaphanda Groep Beperk, dr Jackie Mphafudi, is ook in die kompetisie betrokke en sal die oorhandigings van die nasionale sertifikate doen op 20 Julie.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za