Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot planne vir werkskepping

Groot planne vir werkskepping
 
2006-03-23


BY Sonop Primęr heers tans groot opgewondenheid. Dit is nadat die Nasionale Ontwikkelingsagentskap (NDA), R800 000 vir een jaar beskikbaar gestel het vir die Klein Drakenstein gemeenskap wat deur die skool bedien word.

Die geld is bewillig om twee projekte van stapel te stuur, met opleiding daarvoor te begin en dit verder te ontwikkel tot selfsorgende besigheidseenhede.

Die planne sluit ’n landbou-kruieprojek en porseleinpop-vervaardiging in.

Ander rolspelers is Library Business Corners, Drakenstein Munisipaliteit, die departemente van Gemeenskapontwikkelingsdienste en Onderwys onder leiding van kringbestuurder dr Jaap Heiberg, asook die skoolpersoneel en beheerliggaam.

Skoolhoof Gregory Lawrence sę dat die projekte, wat in Junie begin, broodnodig is vir die agtergeblewe gemeenskap van Klein Drakenstein vanwaar die oorgrote gedeelte van die skool se kinders kom. Dit poog om werk te skep en armoede te verlig.

“Ons skool kort ’n saal, want vir enige groot gebeurtenis by die skool moet ons ten duurste fasiliteite huur en ook die vervoeronkoste wat daarmee gepaard gaan betaal.

“Baie van die ouers is van plase in die omgewing en hoewel baie hul bes probeer, kan die skool nie swaar op die ouerkomponent leun nie.

“Daarom is ek in my noppies omdat ook die Departement van Arbeid ekstra fondse beskikbaar stel vir opleiding,” het hy bygevoeg.

Onlangs het die skool met besigheidsvaardigheidopleiding begin, met Carol Jack van die Elgin Learning Foundation en Patricia Schaerer.

Die huidige 24 studente sal na 12 maande hul sertifikate ontvang.

Gail Jacobs van Library Business Corners (LBC) is net so opgewonde. Hierdie instansie wil deur bestaande biblioteekdienste te gebruik, ’n toeganklike inligtingsnetwerk vir kleinsakelui daar stel.

Sy sę dat die opleiding van die voornemende entrepreneurs ten volle geakkrediteer is om met die verskillende Setas saam te werk.

Elkeen van die projekte sal omtrent uit 15 persone bestaan.

Hoewel keuring sal plaasvind, sal dit deursigtig wees met geen ouderdomsbeperking nie. R400 000 word aan elke projek beskikbaar gestel en dit is oop vir almal en nie net werkloses nie.

“Ons let op na die geesdriftige persoon wat kan volhou, sy plek vol staan, inisiatief kan neem, eie doelwitte stel en bereid is om van mekaar te leer. Ander deurslaggewende eienskappe is eerlikheid en kreatiwiteit” het sy bygevoeg.

Mense wat belang stel kan die skool kontak. Ander skole in die omgewing het ook reeds belangstelling in die projekte getoon.

Volgens Jacobs gaan die projek wyer as Klein Drakenstein omgewing uitbrei indien daar nie binne die eerste twee weke van die bekendmaking ten minste 60 persone gereageer het nie.

Kontak Gregory Lawrence by telefaks 862-3530 vir inligting en navrae.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za