Is dit hul erns ?
2006-03-23
EK het ‘n groot vraagteken oor hoe ernstig besighede is oor nuwe sake. Ek woon in Wellington en wou ‘n groot skuifhek en veiligheidsheining laat oprig. Aan die hand van advertensies in die Paarl Post bel ek toe verskeie sweisondernemings.
Ek moes al die ondernemings meer as een keer bel om enigsins ‘n reaksie te kry. Van net een het ek ‘n amptelike kwotasie gekry.
Ongelukkig het ek ook toe reeds ‘n kwotasie aanvaar van iemand wat sweiswerk as ‘n stokperdjie beoefen.
Die pragstuk van ‘n hek is flink vervaardig, in Kaapstad gegalvaniseer en opgerig.
My vraag weereens: stel plaaslike sakemanne in die sweisbedryf nie belang in besigheid van bykans R6 000 kontant nie?
Verbaasde verbruiker
More
News
|