Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie DA-kiesers van Drakenstein

Dankie DA-kiesers van Drakenstein
 
2006-03-23


Eerstens dankie aan almal wat in groot getalle opgetrek het en vir die DA gestem het.

Weens die verdeling van anti-ANC stemme soos die DA voor die tyd gewaarsku het, kon ons nie ‘n volstrekte meerderheid behaal nie.

Verskeie wyke is met enkele of min stemme verloor wat andersins die DA aan bewind kon stel.

Ná die afloop van die verkiesing het die DA probeer om die Onafhanklike Demokrate oor te haal om hul gewig by die DA in te gooi en sodoende gesamentlik beheer in Drakenstein oor te neem.

Moontlike ingryping van die OD leierskap het dit egter verhoed en die OD het hulle by die ANC geskaar.

Die DA sal dus nou in die komende tydperk die rol van effektiewe opposisie ten volle vervul, in soverre die outokratiese regeringstyl van die ANC dit sal toelaat.

Voorheen was daar 11 DA lede in die raad en daar is nou 20 DA raadslede. Verskeie, baie bekwame, persone is by die bestaande span gevoeg.

Die DA sal geen kortpaaie, nepotisme en korrupsie duld nie.

Die ANC en hul verkose burgemeester sal maar hul voete diep in die stiebeuls moet plaas en vastrap.

Hulle moet hulle voorberei vir 'n rowwe rit.

DA raadslede



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za