Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waterrekenings vandeesweek te hoog

Waterrekenings vandeesweek te hoog
 
2006-03-23


MY munisipale rekening is in die somer gewoonlik sowat R800, terwyl dit in die winter heelwat laer is weens laer waterverbruik.

Hierdie maand het ek egter ‘n rekening van R1249 ontvang (krag uitgesluit). Volgens die Munisipaliteit het ek die ongehoorde hoeveelheid van 129 eenhede water gebruik, wat vir ‘n gewone huishouding baie hoog is.

Ek het navraag gedoen en daar is aan my gesê dat die meterlesers nie Desember by almal uitgekom het nie, weens die vakansiedae, en dat my vorige waterrekening ‘n skatting was, gebaseer op November se verbruik (wat laag was omdat dit ‘n koel maand is).

Ek kan verstaan dat die lesing dus hoog is, aangesien ek vir ‘n deel van Desember sowel as Januarie se verbruik moet betaal.

Wat my egter pla, is dat ek die helfte van Januarie met vakansie was, en dat niemand my tuin natgelei het nie. Waar kom die hoë verbruik dan vandaan?

Ook wil dit lyk asof ek vir die totale verbruik van 129 eenhede aangeslaan is asof dit in een maand gebruik is, pleks van oor twee maande, en dus straftariewe betaal het ver bo wat nodig was. Is dit reg?

IDP Fourie

Die munisipale woordvoerder reageer: Gedurende Desember is sekere gebiede in Drakenstein se waterverbruik teen ‘n gemiddelde bereken weens die sluiting van munisipale kantore oor die Kerstyd, en publieke vakansiedae.

In sommige gevalle was die gemiddeld wat bereken was, laer as die werklike verbruik. In hierdie gevalle was verbruikers se verbruik dus hoër as normaalweg. Die hoë tarief skop in bo 80 kl (teen R8,87).

Ons vra om verskoning vir enige ongerief en mag net meld dat die rekening nou gestabiliseer het.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za