Expo vir wyn, vrugte - hoë noot in moeilike jaar
2005-04-07
VANJAAR se Wine Farmers & Fruit Growers Expo - die grootste tegniese skou van sy aard in Suid-Afrika - word van 26 tot 28 Julie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.
Die expo word al om die ander jaar aangebied en bestryk al die nuutste oorsese en plaaslike patente en dienste op wingerd-, wyn- en vrugtegebied.
Expo-direkteur Sue Smith sę sy was verras met die groot aantal uitstallers en die feit dat al die ruimte so lank voor die tyd uitverkoop was.
Altesame 183 fabrikante en diensverskaffers neem vanjaar deel. Dit is 33 meer as in 2003 en sluit ‘n hele aantal oorsese firmas in wat nader met plaaslike produsente wil kennis maak.
“Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die Wes-Kaap meer as die helfte van die land se landbou-uitvoere produseer en die wyn- en vrugtesektore die grootste bydraers hiertoe is.
“Produsente besef ook al geruime tyd hoe noodsaaklik gehalte in versadigde węreldmarkte is en die expo bied hulle die geleentheid om hul implemente, verpakkings- en keldertoerusting teen kompeterende pryse op peil te bring, veral omdat die sterk rand invoere van sulke toerusting relatief goedkoop maak in ‘n baie moeilike tyd vir ons produsente.
“Die droogte het groot dele van ons produksiegebiede in ‘n wurggreep en oeste is kwaai af. Nogtans is die wil om vorentoe te beur en met steeds beter gehalte vorendag te kom ‘n riem onder die hart. Ons verwag ‘n goeie opkoms en hoop dat besoekers sal raakloop waarvoor hulle soek,” sę sy.
Vanjaar se expo bied insig in die jongste, mees opwindende en mees doeltreffende ontwikkelinge in onder meer wingerd, kelder- en boordtoerusting, besproeiing, bottelering en verpakking, verskeping, sekuriteit, finansiering, vervoer en inligtingstegnologie.
Op die tweede dag, 27 Julie, hou die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wingerd- en Wynbou sy winterskool op dieselfde perseel en sal die kundiges wat dit bywoon ook die expo kan besigtig. Toegang vir bedryfsmense is gratis.
Vooraf-registrasie kan vanaf 1 Junie deur middel van die webwerf www.winefarmers-expo.co.za gedoen word.
Vir nader inligting kan die organiseerders by tel. 448 7330 of per e-pos by wffg@isales.co. za geskakel word.
More
News
|