Bejaarde verdwyn
2006-03-30
’n BEJAARDE man van Klawer, die 85-jarige Flip Koenana, word sedert verlede Woensdag in die Paarl vermis.
Koenana het dié dag met die hospitaalbussie aangekom by Paarl Hospitaal aangekom vir mediese behandeling.
Daarna het hy weggeraak en tot dusver het niemand nog weer van hom gehoor nie.
Koenana het ’n swart langbroek, trui en skoene aangehad, met ’n bruin baadjie.
Volgens familie raak hy soms deurmekaar.
Mense met inligting, kan insp Githa Kilian skakel by 807-4000, of die Koenana-familie by 027-216-1862, 083-527-6756 of 078-315-4716.
* An elderly man from Klawer has disappeared from Paarl Hospital.
More
News
|