Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vonnis ná branddood

Vonnis ná branddood
 
2006-03-30


DIE man wat die ouma van sy baba verlede jaar in Paarl-Oos vermoor het deur haar aan die brand te steek, sal lank agter tralies boet.

Sylvia Jacobs (41) van Solomonstraat het dié nag in September verlede jaar wakker geword toe Irvill Simons (23) petrol in haar woonkamer uitgegooi het.

Hy het brandstof oor haar gegiet en ’n vuurhoutjie getrek. Met haar liggaam in vlamme gehul, was haar enigste gedagte die veiligheid van haar gesin.

Sylvia het haar twee dogters geroep en tussen hulle en die vlamme bly staan sodat hulle met haar kleindogter kon vlug.

Die ouma is met ernstige brandwonde in die Paarl Hospitaal opgeneem, waar sy twee weke later beswyk het.

Haar dogters, Natasha (23) en Sylverna (17), haar kleindogter Roché (3) asook haar familie en vriende treur steeds oor die “vrou wat altyd daar was as jy haar nodig gehad het”.

Simons van Harperstraat, pa van klein Roché, het van die polisie probeer vlug, maar is enkele dae later aangekeer.

Hy het in die hof erken dat hy die brand gestig het nadat hy dwelms gebruik het, omdat die verhouding met die moeder van die kind verbreek is.

Hy is verlede week met ’n pleitooreenkoms in die Paarl streekhof tot 17 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, poging tot moord en
brandstigting.

Irvill sal nie vir parool in aanmerking kom voordat hy 15 jaar van sy vonnis uitgedien het nie.

* The Paarl man who set his daughter’s grandmother alight, has been imprisoned for 17 years for murder and arson.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za