Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gru-ongeluk eis drie

Gru-ongeluk eis drie
 
2006-03-30


“MY suster het verlede week ’n voorgevoel gehad dat iets slegs gaan gebeur - nou is sy dood.”

So sê die 15-jarige Jo-Ann Afrika nadat haar suster, haar oom en haar tannie in ’n gru-ongeluk in Agter-Paarl gesterf het.

Jo-Ann, haar suster Kathrina (24), hul oom en tannie Mervin en Lena Munro, asook die egpaar se kinders Lorencia (8) en Anna (2), was Sondagmiddag vanaf werkerswonings by Boland Landbouskool onderweg.

Volgens Jo-Ann het Mervin die Passat aan ’n vriend verkoop, maar terwyl hulle Sondagmiddag saamgekuier het, het hulle in ’n stryery oor geld betrokke geraak.

“Oom Mervin het in die kar gespring. Ons het gedink hy het die kar geleen, toe klim ons almal saam met hom daarin,” het Jo-Ann gesê.

Sowat 200 meter van die skoolingang het Mervin beheer oor die voertuig verloor, terwyl hy glo teen ’n hoë spoed gery het.

Die maroenkleurige motor het in ’n kragpaal ingeploeg voordat die voertuig teen ’n boom bly hang het, met die insittendes vasgeklem.

Mervin, Lena en Kathrina het op slag gesterf en Jo-Ann, Lorencia en Anna is met kop- en beenbeserings in die Paarl Hospitaal opgeneem.

’n Geskokte Jo-Ann het gesê dat sy steeds nie kan glo wat gebeur het nie.

“Lorencia en Anna gaan deur oom Mervin se suster versorg word.

“My ma is dood toe ek twee maande oud was, en ek en my suster is deur oom Mervin en tannie Lena grootgemaak.

“Ek weet nie wat nou van my gaan word nie.”

* Three people died and three children were orphaned in a horror car crash in Agter Paarl at the weekend.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za