Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus hou talentaand

Paulus hou talentaand
 
2005-04-07


’n TALENTAAND word môreaand om 19:30 in die Strauss-saal, Paarl-Oos, gehou as deel van Paulus Joubert Sekondęr se 40-jarige feesvieringe.

Leerders sal die gemeenskap op die magdom talent trakteer wat eie is aan hierdie skool.

Die leerders sal hoofsaaklik hul eie produksies opvoer. Dit sluit in dans, drama, voordrag en musiekinstrumente.

Die doel van die aand is om leerders bloot te stel aan die wye publiek en ook sodoende die publiek ’n kykie te laat kry wat op die gebied van kultuur op Paulus aan die gebeur is.

Kunstenaars soos gospelsanger René Arendse en popmusiek diva Vicky Brink sal ook optree.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za