Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kroningsmakietie

Kroningsmakietie
 
2006-03-30

Malané Bosman

STAMPVOL het nuwe betekenis gekry met die kroning van Mnr en Mej Hugenote in die Wellingtonse hoërskoolsaal verlede week.

Met die aankondiging van Margo Kannemeyer en Fourie Brand as die wenners, is luidkeels gejuig en voete gestamp in dié stampvol saal.

Die gehoor het geweet waarvan nie al die beoordelaars bewus was nie - dat dié twee lankal ’n paartjie is.

Dit was ’n aand van oorspronklikhede, kreatiwiteit en romanse, aangevuur deur seremoniemeester Ferdinand Rabie wat gesukkel het om grappe geskik vir ’n skoolgehoor op te diep.

Met fotobeelde op twee groot skerms het die 22 finaliste hulself (in gepaste monderings) aan instemmende vriende en waarderende vreemdelinge in die gehoor bekend gestel.

Leopold van Velden, wat homself in ’n reuse sjokolade toegewikkel het - “you never know what you’re going to get” - is uiteindelik as Mnr Kreatief aangewys, ’n beslissing wat soete aftrek gekry het.

Veral nadat hy ook so oorspronklik was om voor die ganse gehoor een van die ander deelnemers, Nadine Spies, te vra om uit te gaan.

Die gejil het haar nie ’n keuse gelaat nie. Sy het plegtig die aanbod aanvaar, waarna Ferdinand haar die res van die aand goediglik as mev Van Velden aangespreek het.

En wat sal Fourie (soos almal op die verhoog, en almal onder 20 jaar in die saal) die graagste in Hugenote Hoërskool wou verander?

“Die hare, ’seblieftog mnr Moolman.”

Maar tevergeefs, nie eens die gees van die aand kon skoolhoof Wessel Moolman tot instemming beweeg nie.

* Mr and Miss Huguenot were crowned in style in the school’s hall in Wellington last week.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za